Die begin van groter dinge....

  

Spekboomlapa is ‘n ‘plaas-restaurant’ wat ons begin het toe die droogte ons goed benoud begin maak het.  Die restaurant was aanvanklik slegs ‘n ‘back-up’ plan vir die maer jare.  Die groot dag was in April 2010 en het al ons verwagtinge oortref.  

Mense kan rustig op ons dek kom sit en die wild wat oorkant op die graskamp loop aanskou, terwyl hulle iets nuttig.  Ons bied ‘n verskeidenheid tuisgemaakte produkte.  Later in die middae begin die kudus ook hul kop uitsteek en wanneer die vlei vol water is, is daar ook gereeld flaminke in die vlei.  

Ons het nog baie planne vir Spekboomlapa en glo my julle sal die eerstes wees wat daarvan te hore kom.  Ons beplan ook chalets vir die nabye toekoms.  

Spekboomlapa was ook so gelukkig om in November 2010 ‘n trofee te wen van die Kouga Besigheidsforum – ons is baie dankbaar dat hulle dit aan ons toevertrou het.  Ons is huidiglik besig met aanbouings waar van die groenteprodukte en vele meer by Spekboomlapa se perseel beskikbaar sal wees vir jul gerief.


blog comments powered by Disqus