Droogte

altJulle sal seker by nou al sê dat die droogte-storie holrug gery is.  Graag wil ek julle egter van ‘n insident vertel wat verlede week gebeur het.  Ons buurman se waterkwota was opgebruik en waterwese het hul krane gaan sluit met ‘n slot.  Dit is regtig wat gebeur, geen besproeiingswater, geen badwater, niks!!!!!  Port Elizabeth en omgewing, kry van dieselfde bron water as die Gamtoosvallei, maar ek het nog nooit gehoor dat van hierdie verbruikers se krane toegedraai word nie, indien julle al van so iets gehoor het, sal ek bly wees as julle vir my die informasie kan gee.  Soos in die geval met ons buurman, maak dit nie saak of jou groente of vrugte plantjies vergaan of nie, daar is net nie water vir jou nie. 

Die woorde in aanhalingstekens, is ‘n uittreksel uit ‘n e-pos wat buurman aan my gestuur het (hy kon water by ‘n ander boer koop, maar sy krane is eers Saterdag oopgemaak en die betaling is reeds Donderdagoggend gedoen en dadelik is daar ‘n bewys van betaling gefaks):
“Soos jy reeds weet is ons krane toegedraai Woensdag 16-02-2011 om streeks 9h30. Die waterbeampte het vir my daai oggend gese dat ek een van nege boere is wat gesluit is.

 

 Laat ek vooraf sê dit is die ergste ding wat met n boer kan gebeur, veral omdat ons tans met ‘n oes sit wat ons dieselfde week begin oes het en vir die volgende 4 maande nog moet oes. Sonder water beteken dit egter n misoes, want wanneer die plante in stress gaan gooi hulle eerstens al hulle blomme af(geen nuwe vrugte, verkorte oes) waarna dit die vrugte begin afgooi. Dan praat ons nie van die gewigsverlies weens verwelking nie.

Nogsteeds gaan daar gedagtes deur jou kop, Vader my kinders moet eet en skool gaan ens. Wat van my werkers, skuldeisers !

Prys ons Grote God dat hy sy bewarende hand oor my oes gehou het en ek niks skade ondervind het nie. Dit is vir my skokend dat mense in die tye ons as boer so sleg kan behandel.”

Daarby volstaan ek hierdie week.
 


blog comments powered by Disqus